Monday 2 July 2012

From: Tjoklits vir die siel


Uittreksel van “Tjoklits vir die siel” deur Susan Coetzer

“Christel snork met haar Mercedes tot voor die glasdeur van haar haarkapper, @hair.com langs Pappuzzis in Linden en klim haastig uit. Mickelle wag haar met n sigaret op die stoepie in. 
“Jy’s laat mevrou,” se hy en druk sy halfgerookte sigaret dood.  “Gaan ons nie vandag die sonbril afhaal nie?” vra Mickelle met n geligte wenkbrou. 
“Moet ons regtig?” vra sy onwillig. 
“Nee,” se hy sonder n glimlag.  “In die salon wys ons oe vir mekaar.”  Christel sug, haal haar Ray-Ban donkerbril onwillig af en plak dit voor haar neer. 
“Hmm,” se Mickelle. “Ek sien hoekom jy die donkerbril wil ophou.  Die bags onder jou oe is groter as jou Diesel handbag.” 
“Dankie,” se Christel ysig.  Ek wil sien hoe lyk jy die dag as jy van jou partner skei.  En dan moet ek nog die koerante ook face en smile asof als fine is…” 
“Ons kan jou nie so laat afneem nie,” se Mickelle en skud sy kop asof hy na n grusame ongeluks toneel kyk. 
“ADELE! EMERGENCY!”  gil hy by sy sydeur uit.  “Kan jy kom make up doen?  Newly divorced celeb.  Oe is dik gehuil.  Sy’t oor n uur n groot do.  The press is going to be there.”  Adele verskyn binne oomblikke in die haarsalon.  Sy’s fyn en mooi met n sagte rustige stem wat jou aan die klank van die see herinner.  Sy kyk simpatiek na Christel se oe. 
“Hmm,” se sy.  “Ek sal eers teesakkies moet opsit voor ek kan begin werk. En ek dink ons moet jou brow ook sommer vinnig waks.  Dit net n beter lyn gee.  Dit sal jare afneem van jou gesig.” 
“Lyk ek so oud?”  kreun Christel.
“Nee...net n bietjie moeg ...vir die lewe,” troos Adele diskreet. 
“Kan ek eers gou was en blaas - dan lift jy haar gesig en brow sodra ek klaar is,” chip Mickelle in.  “Bring net die teesakkies solank.” 
“Maak so,” se Adele.  “Ek kan jou bene en bikinilyn ook wax as jy tyd het,” bied Adele vriendelik aan.  “Dit laat n vrou altyd beter voel as sy van onooglike hare ontslae raak.  En ek kan vir jou n hartjie wax op jou privaat plekkie… ek doen dit gereeld vir Valentynsdag en anniversaries.” 
“Ek is pas geskei van my man,” se Christel afgemete.  “Hoekom sou ek n hartjie op my nartjie wou he?” 
“Skuus, gedink dit sal jou opbeur.” 
“Dink jy dit sal n non in n klooster opbeur om n hartjie onder haar panty te laat wax?  Ek lyk dalk nie vir jou soos Moeder Teresa nie, maar glo my ek leef al maande soos sy.  In elk geval wat die bed betref.” 
“Sorry,” maak Adele verlee verskoning.  “Dalk oor ses maande of so.  Ons hou dit maar by die brow vir vandag.” 
“Ek dink ons hou dit by die brows vir ewig.  Ek is klaar met mans, don't need them.”  Mickelle beduie met sy wenkbroue vir Adele om later terug te kom en lei Christel na die wasbak……..
Mickelle blaas haar hare.  “Hou daai teesakkies solank teen jou oe, madam,”beveel hy streng.  “Adele is goed, maar daai bags is 3D.”  Christel loer later onder die teesakkies uit. 
“My hare lyk baie wow, dankie.”  Sy skud haar kop.  “Nou moet ons net iets aan my oe doen…” 
“ADELE!” skree Mickelle.  “Jy kan maar die potte wax en die make-up kit inbring.  We are ready for you.  As daai koerant n scam storie plaas, moet Christel ten minste gorgeous lyk op elke foto.” 
“Ek glo selfs as hulle jou die dag begrawe, moet niemand kan se jy was n vaal corpse nie,” stem Adele saam en sit haar make-up kit langs Christel neer. 
“Jy praat my taal, girl,” se Christel.  Sy hou haar lee koppie na Mickelle uit.  “Wat is die kans vir n refill?”  “Refill is on its way, mam,” se Mickelle. 
“Sit jy net daar en relax.  You are in the best hands.”  Hy gryp die koppie en stap met swaaiende heupe weg.   

No comments:

Post a Comment